|
|
|
|
KSA TygerbergstreekStigtersdatum op 6 Maart 1982Tygerbergstreek ontvang Streekstatus by die 17de Konvensie wat gehou was te Bloemfontein. Die eerste saamtrek was op Ou Skip, Melkbosstrand, onder die voorsitterskap van Tracey de Villiers en volgens die rekords, het 30 woonwaens hier saam getrek, om hierdie geleentheid te vier met 'n spitbraai en 'n dans. VOORSITTERS
Riaan van Zyl was voorsitter van Tygerbergstreek vir die langste tydperk gewees nadat hy ook vir 'n jaar as ondervoorsitter gedien het. Riaan is met die aanvang van sy 5de jaar as voorsitter tot Nasionale Uitvoerende Komitee verkies. Volgens die KSA se grondwet kan 'n Nasionale Uitvoerende Komiteelid nie op 'n streekskomitee, anders as om op 'n sub-komitee, dien nie. Dit het tot gevolg gehad dat die Tygerbergstreek se komitee, komiteelede moes herverkies tot portefeuljes.
Op die 8ste Maart 2003 is die 21ste bestaansjaar gevier met 'n dans in die Brackenfell Burgersentrum.
Tygerbergstreek se 21ste verjaarsdag saamtrek is gehou op Paasnaweek van die 18de tot die 21ste April 2003 by Van Zylsrus te Kuilsrivier. 'n Totaal van 47 woonwaens het hierdie saamtrek bygewoon. Die Vrydagaand het ons gevier met 'n 'kaas-en-wyn' funksie en die Saterdagoggend met 'n 'koek-en-tee' partytjie. Die 21ste verjaarsdagkoek is deur Leon Minnie, gesny en vier van die streek se vorige voorsitters wat die geleentheid bygewoon. Die voorsitters wat die geleentheid bygewoon het is: Henry Fouché, Tony Freedman, George Tubb en Hendrik Olivier. Een van die langste opbetaalde KSA lede, Johan & Dalene van der Vyver (reeds vanaf 1978), het ook die funksie bygewoon. Tygerbergstreek het gedurende 17 & 18 Maart 2007 se saamtrek op Saldanha hulle 25ste verjaarsdag gevier. Met groot dankie aan die borge het die feesvieringe gepaart gegaan met 'n pragtige opskrif in Die Burger van 17 Maart 2007. (Om die koerantberig te lees, kliek hier...) Die feesvieringe het afgeskop met 'n skaap- en varkbraai die Saterdagaand waarna groot makietie gehou was. Tygerbergers het hierdie besondere mylpaal behoorlik gevier met 'n dans en karaoke na die ete.
Vir Meer Inligting Kontak: |
|
Stuur e-pos aan
Tygerbergstreek Webmeester met enige vrae of kommentaar ten opsigte
van hierdie webtuiste.
|