Up Tygerbergstreek Wat is Nuut?

Streek se Prioriteite    
Lede Inligting 200 Rallies in a Row 100 Rallies in a Row Wildtuin Vakansie Veiligheidswenke Advies Friends Day Care TygerBear Streek se Prioriteite

 

horizontal rule

KSA Tygerbergstreek se Prioriteite is Reg

Teks: Cassie Carstens  Fotos: Riaan van Zyl

Tygerbergstreek het 23 jaar terug tot stand gekom.  Die klub is bekend vir sy goeie samesyn en christelike beginsels.  Elke Sondag voor die Voorsitters  vergadering word daar kerk en Sondagskool gehou.  Die dienste word deur lede self of gassprekers waargeneem.  By elke diens is daar ‘n bywoning van minstens 98% van lede wat kamp.  Daar is gemiddeld 46 karavane per saamtrek.

Elke keer word daar ‘n seen ontvang.  Die Here seën Tygerbergstreek geweldig, seëninge soms te veel om te tel.

Die kollekte wat Sondae tydens kerkdiens opgeneem word, word jaarliks aan Friends Day Centre geskenk on sodoende ‘n bydrae te maak vir ‘n geweldige behoeftige organisasie.  In die boekjaar 2003/2004 was ‘n bedrag van R6200.00 oorbetaal na hierdie organisasie.  ‘n Mooi bedrag as daar in ag geneem word dat daar slegs een maal per maand ‘n saamtrek is, en die geld slegs saamtrek kerk kollekte is.

Verlede jaar was daar deur die Komitee besluit om die kinders se Sondagskool kollekte aan Bybelverspreiding te skenk.  In die boekjaar 2003/2004 was R433.52 aan die Bybelgenootskap oorbetaal. ‘n Mooi bedrag as daar in ag geneem word dat daar net vyf Sondagskool periodes was.  Logan Schmidt 5 jaar oud van Plattekloof het die grootste bydrae geliewe deur al sy pa se “lastige” koper kleingeld in ‘n 2 liter Coke bottle bymekaar te maak, wat hy self tydens ‘n kerkdiens by die Goudini saamtrek oorhandig het.

Hierdie jaar gaan daar gepoog word om een Bybel per karavaan wat aan Tygerbergstreek behoort te skenk.

Tydens vakansies en langnaweke is daar nie Sondagskool nie, waar die kinders dan die kerkdiens bywoon.

Geen kerk of denominasie word verteenwoordig nie. Tygerbergstreek dien, dank en prys net die Here vir al sy goedheid tydens heerlike ontspan naweke.

Navrae kan aan Cassie Carstens by 083 461 9258 gerig word.

horizontal rule

 

Up ]

Stuur e-pos aan Tygerbergstreek Webmeester  met enige vrae of kommentaar ten opsigte van hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2004 KSA Tygerbergstreek
Laaste wysiging: January 18, 2012