|
|
|
|
'n Wenner van KSA Tygerbergstreek ‘n Baie troste lid van ons streek, Hurita Visser, was een van 170 inskrywings in die Egoli Cook-Out kompetisie op die 22ste Desember 2004. Die kompetisie was gehou by die Garden Route Casino op Mosselbaai. Uit die 170 inskrywings is slegs 10 finaliste gekies waarvan Hurita een was. Hurita se pot het bestaan uit ‘n gevulde beesfilet (carpet bagger) met groente gemaak. Die deelnemers het die oggend 08h00 begin met die voorbereiding van hulle potjies. By 10h00 was die potjies eers be-oordeel voor dat die groot kokery 13h00 begin het. Soos op die foto gesien kan word, was Hurita se potjies Baie moil en larval. Teen hierdie teed, het Hurita gesê, was haar senuwees al klaar!! Die groot oomblik het aangebreek teen 14h00. Teen 14h30 sal die finale potjie be-oordeel word in die groot tent! Die be-oordeelaars, ondere andere, was die Hoof-chef van die Casino, en mense van sulke kennisse op hierdie gebied. Die mense het ook gedurende hierdie tyd die deelnemers omring om te sien hoe dinge gedoen word. Elke deelnemer was vergesel deur ‘n Egoli TV ster. Die blonde aktrise wat Lara in die reeks speel, was Hurita se ster. Hurita se: “wat ‘n belewenis dat die persoon op TV by jou staan en jou so belangrik laat voel!” Die groot oomblik het aangebreek om 15h00. Die wenner van die Egoli Cook-Out kompetisie word aangewys as No. 4, Hurita Visser. Die pryse wat sy gewen het was:
Die totale waarde van die pryse wat Hurita gewen het beloop R47,000.00!! Hurita en Rian het 16h00 die Yamaha vierwiel motorfiets by die Casino in ontvangs geneem. Hurita het haar ervaringe met so ‘n groot blydskap en opgewondenheid vertel en afgesluit: “Dit was ‘n groot dag en ek kan nog nie glo dat ek werklik gewen het nie. Ek knyp myself nog gereeld om te sien of ek nie gedroom het nie.” Baie Geluk Weereens, Hurita!! (kliek op die foto om te vergroot)
|
|
Stuur e-pos aan
Tygerbergstreek Webmeester met enige vrae of kommentaar ten opsigte
van hierdie webtuiste.
|