Up Tygerbergstreek Wat is Nuut?

Parke Toer 2005    
Weskus Toer 2004 Parke Toer 2005 N/Kaap Toer 2006 Wildekus Toer 2007 Hagar se Toer Roete 62 Toer

 

horizontal rule

CCSA Tygerberg Region Presents:

horizontal rule

The National Parks Tour

Sonsondergang op die Weskus

Dates: 30th  June to 10th July 2005

The long awaited story is here...

Text: Vanessa Schmidt

Photographs: Tour Group

25 Karavane oppad vanaf Kaapstad na Addo Nasionale Park  -  sjoe  -  kan jy jouself indink hoe dit moes gelyk het?  Wel hier is ons storie  :-

Die Nasionale Parke Toer Groep

 

Op die N1 Noordwaarts

Dit is Donderdag oggend, 30 Junie 2005, die tyd is 09H30.  Stuk-stuk kom die manne en die vroue, die kinders en die karavane daaraan.  Die Plek : Wynland Eenstop, die okkasie : ONS GAAN TOER!!

Die toerleier, Theo Schmidt, is haastig om almal op hulle regte plekke en inMegan van Zyl wys haar geskenkie nommer volgorde te kry.  Mevrou toerleier, Vanessa, deel hoedjies uit, geborg deur Good Hope Metrology,  en almal moet vrywaringsvorms voltooi en onderteken.

Die kindertjies kry elkeen ‘n ou speeldingetjie,  geborg deur Good Hope Instruments,  Ma en Pa kry ook ‘n notaboekie en pen,  geborg deur Homenet Goodwood.  10H00 val ons in die pad, ons Eerste stop is Birds Paradise in Robertson. 

Oppad tref ons eerste teëspoed ons, Bloubul se karavaan kry ‘n papwiel.  Gelukkig was sy spaarwiel in werkende toestand en kon Bollie hom gou help om die wiel om te ruil.  VIVA die Stormers – help ‘n Bloubul in sy uur van nood!! 

'n Stop by Birds Paradise

By Birds Paradise stop ons vir ‘n ligte middagete.  Na ‘n gestoei om 22 karavane in ‘n relatief klein parkeer area te kry, is ons reg vir middagete.     Die plek is in rep en roer, 40 volwassenes en 34 kinders, dis baie mondjies om op een slag te voer.  Dankie Birds Paradise julle het julle goed van julle taak gekwyt.  Die kinders het die voëls, die diere en die speelplek  terdëe geniet.  Na ete en ‘n paar bottels wyn later,  Bacchus en Skim, is ons weer oppad.  Volgende stop is Baden Boskamp net buite Montague.

 

Die grondpad na ons kampeerplek was nogal rof;  dit was soos om te 4X4  met ‘n karavaan…… Maar almal het dit  “gemaak”.Die eerste nag op Montagu  Wat ‘n verrassing toe ons ons bestemming bereik.  Dit is die pragtigste ou plekke tussen die berge.  Die manne stop, parkeer die karavane en die vure word aangesteek.  Vuurpyl gooi bietjie musiek en dit raak jolig op Baden  (die eienaar was blykbaar so impress met sy vol kamp dat hy self foto’s kom neem het)  Ons eie Dieretuin, het een reuse vuur gemaak in die Lapa en dit is dan ook hier waar die eerste fines uitgedeel is.  Elke karavaan het ‘n fine Die noue padjie na Montagu se Kampgekry en ons finesmaster, Joe, was nogal heel oorspronklik met sy redes.  Die Lepel het gegaan aan Mev Polo, bid jou aan, sy het piesangs buite haar karavaan gelos om te kyk of dit styf bly (buite temperatuur  - 5° C) en sou dit werk was sy van plan om dit met die manne te doen…….

 Dis Vrydag oggend en ons is oppad na ons volgende bestemming.  Bacchus se voertuig gee probleme en hy moet afhak.  Sy voertuig word ingesleep deur Bollie aangesien hy die enigste persoon is wat ‘n tow bar aan sy karavaan het.  Die Auto Electrician  op die dorp maak Bacchus se voertuig verniet reg, en terwyl al die dinge gebeur vat die manne hulle kans en daar word Muskadel gekoop vir die koue aande wat voorlê.  Dankie Montague vir hulle gasvryheid.Aanwysings na Cango Mountain Resort

 Weer oppad.  Ons Volgende bestemming :  Kango Bergoord, Oudtshoorn.  Hier trek ons laer, by nou  het nog lede by ons aangesluit en ons groepie van 25 is voltallig.  Die kamp lê in ‘n kloof en is prentjie mooi.  Weereens gooi Vuurpyl die musiek, die vure brand hoog, die kinders speel rugby totdat julle sopnat is en almal geniet.

 Ilse & Megan by die Kango Grotte se ingangDie volgende oggend besoek ons verskillende plekke.  Party gaan Kangogrotte toe, party Krokkedilplaas toe, ander Waterval toe, en party het selfs gaan Kamele ry en Groenie en sy gesin gaan maak n draai in die HEL.

 

Later die middag, so teen sononder, gaan proe ons wyn en kyk na ‘n vertoningGroot Voël Vere se Opvoering genaamd Groot Voël Vere op die Kango Volstruisplaas.  Die akteurs is almal plaaslik, baie bekkig, party sonder en ander met tande, MAAR ons geniet dit gate uit!!  Dankie Alfa vir jou aandeel, Nico Alberts het die helfte van die Kaartjies geborg.  Na die vertoning gaan ons terug na die kamp vir ‘n lekker aand van braai en dans in die saal.

Sondag oggend,  Alfa deel ‘n gedeelte met ons rondom die Behoeftige Vrou  -  ons Vader weet altyd wat ons behoeftes is.  Weer word daar fines uitgedeel.  Mandela kry die lepel aangesien hy in die parkie gesit en slaap het (buite temperatuur ± 0 ° C) terwyl sy makkers hom gesoek het. 

Hierna val ons weer in die pad,  ons volgende bestemming  :  Jeffreysbaai

Oppad kry ons, ons tweede papwiel  -  Bassy  -  MAAR, Bassy se karavaan, se spaarwiel, is óók pap.  Arme Alfa moes al die pad terug ry om vir Bassy te gaan help.  Hagar en Skim gaan staan toe óók sonder petrol.  Weereens kom Bollie tot die rescue, Toer stop eers vir 'n 'hotdog'die keer met ‘n 20 liter kan petrol.  Hierdie was ons langste sleep.  Alles het egter verder glad verloop, geen verdere voorvalle nie.  Judge het selfs vir ons gereël vir Hotdogs in Joubertina.  Ons het die hele dorp se rolletjie en wors voorraad vir die naweek klaar gemaak in een middag.  Die mense was egter baie vriendelik en hulpvaardig.                  

Terug by Jeffreysbaai;  die wind waai dat die biesies bewe, en meeste van ons besluit om te gaan uiteet.  Sondag aand….. Klein dorpie……. Het maar gelol.  Die Vuurpyl en Dagwood gesin het by ‘n Restaurant gestop en hulle was die enigste klante.  Dik Dif, Judge en Mr. Mustard families, moes Tappas Restaurant mooi vra om hulle kombuis oop te maak vir hulle.   Maar almal se magies was vol en die dames het nie skottelgoed gehad om te was nie.

Maandag oggend.  Die hele kamp is in rep en roer, die dames wie gewoonlik laat slaap, is op en aan die gang,  die kinders wie gewoonlik laat slaap (Groenie jnr) is op en help Pa oppak WANT,  ons gaan Billabong  fabrieke toe!!!  Almal koop hulle beursies leeg en maak ‘n aansienlike duik in die fabrieke se voorraad.  Nog nooit in die geskiedenis van Tygerberg Klub het daar al ooit so baie mense op een slag met Billabong baadjies en skoene rond geloop nie.

Net voor ons vertrek, word daar weer fines uitgedeel.  Judge word beloon met die lepel.  Hy het die oggend 02H00 opgestaan, dinkende dis 06H00, gaan stort en reggemaak om vir Dik Dif ‘n slag eerste koffie te gee.  Daar word groepfoto’s geneem en ons val weer in die pad.

 Volgende stop  :   Addo Nasionale Park

Addo Olifant Park

Hierdie was beslis die hoogtepunt van die hele toer.  Die kampplekke was mooi groot en uitgelê met klippies.  Daar was selfs houttafels met bankies op elke staanplek.  Nadat ons almal afgehak en opgeslaan het, het almal die park ingevaar om die diere te gaan soek.  Die park bestaan uit sowat 13 swart renosters, 400 olifante, 450 buffels, 30 zebras, 2000 koedoes, 400 vlakvarke, 270 rooihartebeeste, 200 elande, 6 leeus, 8 hiënas en verskeie bosbokke, grysbokke, duikers en volstruise.  Almal was dit eens dat ons al 400 olifante en vlakvarke 2 maal gesien het, om nie eens te praat van die volstruise nie.  As daar 500 volstruise was, het ons 700 gesien ....  Meeste van ons het ook op die nagrit gegaan.  ‘n Buffel, as die son skyn, en ‘n buffel, as dit donker is, lyk glad nie dieselfde nie.  Dit was AWESOME om so deur die donker veld te ry,  dankie tog die leeus het vroeg gaan slaap.Addo Olifant ParkAddo Olifant Park

Ons weer was absoluut ongelooflk, ons kon nie vir beter gevra het nie.  Van die jonger dames wat avontuurlustig was het ‘n perderit aangedurf.  Juffrou Groenie se agterstewe was blykbaar so seer sy kon nie sit vir 2 dae nie.

Na 2 dae van vlakvarke en volstruise en óók van baklei om die apies uit ons karavane te hou, val ons weer in die pad.  Net voor ons ry kry Mev Robert gou vinnig die lepel.  Hoekom?  Want sy het mense langs die pad met lemoene gegooi…

 

Ons volgende bestemming  :  Pine Lodge Resort in Port Elizabeth.  Oppad in die dorp in, ry ‘n dame verby Dagwood en vra ewe vriendelik wie’s ons en waarnatoe is ons oppad en ons moet dit geniet in P.E.  -  geen wonder hulle verwys na PE as die “Friendly City” nie.  By Pine Lodge staan ons in ‘n perdeskoen met die ablusie in die middel.  Die kamp is pragtig.  Weereens word daar die dorp ingevaar met ‘n spoed, want PE het so baie om te sien.  Daar is Happy Valley met al sy cartoon-uitstallings, daar’s die casino, daar is die dolfyne, die hawe;  party mans het selfs die VW Fabriek besoek. (party gelukkiges het sommer ‘n polo by die fabriek winkel aangeskaf).  Die weer is ons weereens goedgesind – geen wind!  Na 2 aande in Port Elizabeth, pak ons op.  Net voor ons vertek hou ons gou vinnig ‘n bymekaarkoms en die fines loop weer sterk.  Hannes kry die lepel aangesien hy in ‘n ander man se pot gaan gekrap het, die evidence is gevind – ‘n klip.  En sy arme kindertjies was bedloos omdat pappie gaan kuier het met hulle bed en eers laaaat aand terug gekom het.

 Tsitsikama Park, Stormsriviermond

Hierna is dit Tsitsikama Park, Stormsriviermond.  WAT ‘N PARK!  Die uitsig  asemrowend mooi.  Een nag was te min op die pragtige plekkie.  Party van ons het die Restaurant / Kafee besoek, ander het die 390 trappies na die hangbrug aangedurf, ander het na die Grootboom gaan kyk en party ander het ‘n 5 dag toer in 2 ure probeer doen en sodoende “verdwaal” in die donkerte.  Gelukkig  kon Mandela en Lekke-ekke hulle weer veilig terug besorg aan hulle bekommerde ouers.

Ons toer kom nou vinnig tot sy einde.  Ons laaste sleep is na Vleesbaai, 275 km verder.  Party slim mense het vroeg opgestaan, ywerig opgepak en gejaag na Die Dekke om die Rugby wedstryd op TV te gaan kyk.   Die arme Bokke, dit was maar ‘n treurige spul.

By Vleesbaai aangekom moes die manne koppe Laaste aand op Vleesbaaibymekaar sit, want eerstens om by die staanplek uit te kom was nie so maklik vir party van die voertuie nie, en tweedens die manne met die “groot” waens moes almal op een  groot plot  staan  -  al plot wat plat genoeg is vir die Exclusives.  Maar met ‘n meet en pas, is almal in en die finale makietie kan begin.  Party van die lede het gaan 4X4 ander het net rustig verkeer, so asof die go so bietjie beginne opraak het… ander was natuurlik hulle ou-self en het ons vermaak met hulle Mexican waves en danspassies!  ‘n Fassinerendheid van die kamp wat ons almal seker sal bybly, was party van die storte  -  dakloos  -  so, jy óf stort in die sonlig, óf jy stort onder die sterre…

Ons toer is afgesluit met die finale fines uitdeling, ‘n toespraak deur Vuurpyl en ‘n regte-egte-lekker-boerekos-ete, voorberei deur die eienaar van die plaas se vrou en haar helpers.  Mnr en Mev Toerleier, a.k.a. Dagwood, is verras met ‘n geskenk van al die lede af.  Ons het van ‘n vertroulike bron verneem dat Dagwood die hele geskenk “geneem”  het en dat Mev. Dagwood nie ‘n sent daarvan  “gesien”  het nie.

Na 10 aande van weg slaap van die huis af, het ons aan die einde van ons Toer, gekom.  Alfa het ons heel toepaslik weer die Sondagoggend toegespreek met die gedagte rondom  “besluite wat ons moet neem”.  Na ‘n gebed en dankie sê aan ons Vader dat Hy ons so beskerm het vir die 10 dae van ons toer, het ons verdaag en elkeen is op sy eie tyd terug na sy eie bestemming.

Om die Toer van Julie 2005 op te som  :- 

Die Toerleier was so moeg hy het nog ‘n aand op Vleesbaai deurgebring met Dagwood jnr.  Mev Dagwood, wel dit word vertel, sy was so “gatvol”,  Vuurpyl moes haar huis toe vat…

CHEERS!! Tot volgende Jaar, dan maak ons weer so………………… miskien?!?!

horizontal rule

 'n Paar Statistieke

·                    25 karavane teen ± 2 200 km, oor 10 dae  = 55 000km gery

·                    154 fines is uitgedeel

·                    Ons Fines kampioen met 12 fines  -  Mnr. & Mev Skilpad

·                    R26 513.00 is deur die Toer Bankrekening

·                    Onbepaalde hoeveelheid  serpe gebrei

·                    ±5200 foto’s geneem

 Dankie aan Mev. Skilpad en die ander wat ons voorsien het van haar daaglikse notas, sonder dit sou die artikel nie die lig gesien het nie.

horizontal rule

Nawoord van Theo & Vanessa SchmidtNasionale ParkeToerleiers

Dankie vir die wonderlike geskenk, Theo het dit vreeslik geniet.  Dit was lekker om saam met julle te kuier, ons sal die Memories vir ewig saam met ons dra!!!!!!!!!

Julle is ‘n GREAT klomp bymekaar.

Liefde

Theo, Vanessa & Logan

horizontal rule

Tour Guides

Theo & Vanessa Schmidt

Tel.: (021) 939 6009

Fax.: (021) 939 8024

Cell.: 082 446 6082

E-mail Theo

horizontal rule

 

Up ]

Stuur e-pos aan Tygerbergstreek Webmeester  met enige vrae of kommentaar ten opsigte van hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2004 KSA Tygerbergstreek
Laaste wysiging: January 18, 2012