|
|
|
|
Nasionale Noord Kaap Toerverslag Registrasie: Toer No. 06/2006 National North Cape Tour Report
Teks: Vanessa Schmidt Fotos: Toergroep
Vrydag oggend, 30 Junie 2006, 08H00, vyftien karavane kom bymekaar by Winelands 1 Stop, ons Noord Kaap Toer, begin.
Na twee aande in
Beaufort, val ons weer in die pad. Orania, hier kom ons. Ons het Sondagaand opelug kerk gehou met een an Orania se stigterslede as ons spreker, Professor Karel Boshoff (HJ Verwoerd se skoonseun), wat ‘n statige en interessante mens. Orania het alle verwagtinge oortref, baie insiggewend, ek dink almal was dit eens dat ons kon nog ‘n dag langer daar deur gebring het, ek meen, waar op dees-ke-aarde kan jy nog ‘n ge-dienste plot koop vir R 10 000.00?? Na Orania was Kimberley aan die beurt. Die mense het die groot gat aan besoek, diamante gesoek, karavane gesoek (?), wiele vir Mercedese gesoek. Die weer by al die plekkies waar ons aangedoen het, was werklik ongelooflik, snags was heeltemal ‘n ander storie, alles het gevries, menigte ‘n aand het die termometers gaan draai verby 0 grade.
Na Upington het Augrabies aan die beurt gekom. Hierdie was beslis vir my die hoogtepunt van die toer. ‘n Mens kan net in totale “awe” staan en God se handewerk beskou, die waterval was ongelooflik, ons het selfs een aand, met basies net die maanlig as lig, na die watervalle gestap, dit was “SJOE”! Die diere in die park het ook saam gespeel met die hele ervaring, ek dink ons het al die diere wat in die park is gesien, bokke, kameelperde, party meer keer as ander (die dassies hier was soos die vlakvarke in Addo). Net die cheetah’s het ons bly “mis” - ek wonder nogsteeds oor hulle. Na twee wonderlike dae in Augrabies is ons Calvinia toe, waar ons die toer afgesluit het met ‘n ete in die Hantam Hotel. Ons het die Restaurant gedeel met ‘n ander toergroep, ‘n klomp Hollanders; ons het ge-sarie-marais en ge-bobbejaan-klim-die-berg, dat die biesies bewe. Die Hollanders het ons ook “ge-entertain” met een van hulle liedjies. Die kos was heerlik, veral na al die braaiery, die “company” was eersteklas en die aand was ‘n groot sukses. Ons het lekker gelag vir almal se foto’s en die video. Dankie Nico en Theo wie dit vir ons moontlik gemaak het. En ja, so kom nog ‘n toer tot sy einde.
Vir almal wat saam
getoer het, BAIE DANKIE, julle was ‘n “great” groep.
Daar’s nuwe vriendskappe gesmee, “nuw BAIE DANKIE vir die groot geskenk wat julle ons gegee het, daai KRAAN gaan ‘n ERE plek in Theo se braaikamer kry!! Dankie vir al die mooi emails en smsse wat ons gekry het, om dankie te sê. Julle is almal baie spesiaal!! Tot volgende jaar, dan maak ons weer so. Liefde Theo, Vanessa & Logan
|
|
Stuur e-pos aan
Tygerbergstreek Webmeester met enige vrae of kommentaar ten opsigte
van hierdie webtuiste.
|