Been 1 30 Junie & 01
Julie Bellville - Karoo Nasionale
Park
2 Nagte 426 Km
Been 2 02 Julie
Karoo Nasionale Park - Oewerpark, Orania
1 Nag 412 Km
Been 3 03 & 04 Julie
Oewerpark, Orania - Kimberley
2 Nagte 162 Km
Been 4 05 Julie
Kimberley - Upington 1 Nag 401 Km
Been 5 06 & 07 Julie
Upington - Augrabies Watervalle
2 Nagte 120 Km
Been 6 08 Julie
Augrabies Watervalle - Calvinia
1 Nag 445 Km
Been 7
09 Julie
Calvinia - Kaapstad (Home)
--- 420 Km
Totale Afstand: ± 2400 Km
Duur van Toer: 9 Nagte

Been 1
30 Junie & 01
Julie -- Bellville - Karoo Nasionale
Park -- 2 Nagte -- 426 Km
Ons vertrek vanaf Wynland Een Stop
op die N1 die oggend van 30 Junie 2006, presies 09h00. Ons ry met
die N1 deur die Hugenote tonnel verby Worcester, De Doorns, Touws Rivier,
Laingsburg tot net voor Beaufort Wes waar ons af draai na die Karoo
Nationale Park. Ons bly twee nagte hier. Die afstand vanaf Wynland tot by
Karoo Nat Park is 426 Km.
Die kostes in die park is
R105.00 vir twee volwassenes en R18.00 per kind onder 12 jaar.
Al die staanplekke het gras en elektrisiteit en hulle is groot.



Top of page

Been
2
02 Julie --
Karoo Nasionale Park - Oewerpark, Orania -- 1 Nag -- 412 Km
Die oggend 10h00
vertrek ons vanaf Karoo Nationale Park na Oewerpark in Orania so 412 Km
verder noord. Ons ry verby Beaufort Wes tot by die Shell
Vulstasie by Drie Sisters. Ons sal daar stilhou vir n rukkie voor ons
af draai op die N12 na Victoria West, Britstown en Strydenburg. Daarna
draai ons af op die R387 na Orania waar ons in die Oewerpark sal bly vir een
aand. Dit is n pragtige kamp net jammer dit is in die middel van die
winter. Die kostes hier is R 70.00 per karavaan per nag.
Die Park is op die oewer van
die Oranje rivier geleë.



Top of page

Been
3
03 & 04 Julie --
Oewerpark, Orania - Kimberley -- 2 Nagte -- 162 Km


Ons vertrek vanaf
Oewerpark nie later as 12h00 die middag. Dit gee almal tyd om Orania
te bekyk. Van hier af ry ons na The Big Hole Karavaan Park in
Kimberly. Die afstand vir die dag is 162 Km. Dit behoort ons nie
langer as 2½ ure te vat nie. Ons behoort so 14h30 daar aan te kom.
Ons bly twee nagte hier. Die koste is R45.00 per karavaan en
R18.00 per persoon. Daar mag dalk 'n prys verhoging van 10% wees later die
jaar. Kimberly het 'n ryk geskiedenis wat ons tenminste twee dae sal
vat om te sien.

Top of page

Been
4
05 Julie --
Kimberley - Upington --
1 Nag -- 401 Km

Vanaf Kimberly ry
ons 10h00 die oggend van 5 July na Upington waar ons in die Eiland
Karavaan park sal staan vir een nag.
Die kostes hier is R50.00 vir twee
volwassenes en R11.50 per kind. Die Eiland in Upington is seker die
mees bekende Karavaan Park in die Noord Kaap. In Upington self is daar
vreeslik baie te doen en te sien.

Top of page

Been
5
06 & 07 Julie --
Upington - Augrabies Watervalle -- 2 Nagte -- 120 Km
Ons vertrek vanaf
Die Eiland Karavaan Park 10h00 die oggend van 6 July. Ons ry na
Augrabies Watervalle in die Augrabies Nasionale Park. Die afstand vir
die dag is 120 Km. Hier staan ons vir twee dae. Die kostes is
R105.00 vir twee volwassenes en R18.00 vir kinders onder 12 jaar.



Top of page

Been 6
08 Julie -- Augrabies Watervalle - Calvinia -- 1 Nag
-- 445 Km
Die oggend 8 July
vertrek ons vanaf Augrabies na Calvinia karavaan park. Dit is ons
langste been vir die toer. Die afstand vir die dag is 445 Km.
Dit is n paar kilometers langer as die eerste been van 426 Km. Ons ry
van Augrabies valle deur Keimoes, Kenhardt, Brandvlei na Calvinia. Die
kamp is nie van die beste nie, maar dit is die enigste kamp waar ons kan
staan voor ons Kaap toe ry. Die toer sal ook hier afsluit met n ete in
die Hantam Hotel, ek wag nog net vir die kostes van die ete dan kan ek die
totale koste per karavaan bepaal.
Top of page

Been
7
09 Julie -- Calvinia - Kaapstad (Home) -- 420 Km
Vanaf Calvinia tot
in Parow is 420 Km wat ons die Sondag ry. Ons gaan deur Nieuwoudville,
Van Rhynsdorp, Klawer, Citrusdal, oor die Piekeniers Kloof pas na Piketberg,
Moorreesburg verby Malmesbury na Kaapstad.

Top of page
