horizontal rule

Algemene Jaarvergadering - 2006

Annual General Meeting - 2006

Die Algemene Jaarvergadering van die Tygerbergstreek van die Karavaanklub van Suidelike Afrika was gehou by De Hollandsche Molen, op Saterdag 05de Augustus 2006 om 10h00.

The Annual General Meeting of the Tygerberg Region of the Caravan Club of Southern Africa was held at De Hollandsche Molen, on Saturday, 05th August 2006 at 10h00.

horizontal rule

Uitgaande Komitee vir 2005/2006

Outgoing Committee 2005/2006

Nico Alberts (Vice-Chairman), Hannes Mundey (Social, Sport & Church),

Jacques Theron (Membership Care & PRO), Berlinda Barkhuizen (Smous & Editor),

Vanessa Schmidt (Chief Rally Marshal), Ilse van Zyl (Secretary),

Annalien Pelser (Treasurer), Riaan van Zyl (Chairman).

Anton Groenewald (Boete Meester)

horizontal rule

Inkomde Komitee vir 2006/2007

Incoming Committee 2006/2007

(Kliek op die fotos om te vergroot)

[photogallery/photo00025184/real.htm]

horizontal rule

VOORSITTERSVERSLAG

05 Augustus 2006

 

Ons het hierdie jaar weer groot verhogings in brandstof pryse gesien.  Dit het egter nie ons Tygerbergers onder gekry nie, kamp het ons gekamp.  As ons maar net kyk na die aantal karavane wat gekamp het oor die afgelope 3 jaar:

Jaar Totaal Karavane % Toename Tygerberglede % Toename
2003/2004 544 --- 484 ---
2004/2005 583 7.2% 520 7.5%
2005/2006 661 13.4% 594 14.2%

Toename sedert

2003/2004

117 21.5% 110 22.7%

Oor die afgelope jaar het ‘n gemiddeld van 50% van ons lede gekamp teenoor die 46% en 45%  van die vorige 2 jare onderskeidelik.

Baie geluk aan ons lede wat ons streek so aktief hou – dis welgedaan!

KSA Tygerbergstreek se Ledetal

Die ledetal het met 107 lede afgesluit einde Junie 2006, wat 102% was teenoor die vorige jaar se 105 lede waarmee die streek afgesluit het.

We had 89% of our members that renewed their membership fees for this past year compared to 92% & 91% of the previous years respectively.

Met 14 lede wat nie hulle lidmaatskap hernu het verlede jaar nie, en 17 nuwe lede wat by Tygerbergstreek aangesluit het, het die netto groei van nuwe lede te staan gekom op 115%.  Tygerbergstreek het 113%  behaal van doelwit van 95 lede vir 2005/2006.

Thank you to all our members for introducing new members and in helping Tygerberg Region exceeding our membership target.  Just again to remind everyone, especially for our newer members, of the “Recruitment Incentive Bonus” for members that was announced at the 2004 AGM.  The detail will be in the news letter again.

Tygerberg Region is now the fourth largest region in CCSA compared to the 6th largest region the previous year.  Cape Western- and Pretoria Regions are the 2nd largest Regions with the largest Region being South Rand Region.  The third largest region is Easterns.

Hoogte punte deur die Jaar

The Website is a great success.  On average, Tygerberg Region’s website still gets more than two thirds of the total hits on the website of all Western Cape regions.  This is mainly due to the photographs, news letters and various other activities on the website.

Met Die Nationale Parke Toer verlede jaar het 14 karavane uit die 16 karavane wat die Weskus Toer die vorige jaar meegemaak het, deel uit gemaak van die 25 karavane op die Nationale Parke Toer.  Hierdie toer was ‘n mylpaal vir Tygerbergstreek asook vir Die Karavaan Klub van Suider Afrika.  Dit was die grootste karavaan toergroep nog ooit.  Theo & Vanessa, julle kan met trots daardie rekord agter julle naam in skryf as Toerleiers.

The National Northern Cape Tour, that falls into this book year, was as successful.  The 15 places that were available on the tour were filled very quickly.  To Theo and Vanessa, thank you for a tour well organized and well-done!  We are looking forward to next year’s tour.

Ons Kerskamp op De Hollandsche Molen was ‘n groot sukses.  Dankie aan Nico Alberts wat vir die trekkertjie gereël om Kersvader mee rond gery was.  Dankie ook aan Kersvader wat ons kinders goed bederf met die geskenke, en om nie te praat van die ouers nie.  Kersvader gaan hierdie jaar weer vir ons kom kuier.  With the live band we had in the form of Rooies, made sure that everyone was on the dancing floor.  Dankie aan die komitee en hul gades vir al die harde werk.

Die donasie wat hierdie jaar aan Friends Day Center oorhandig gaan word, beloop R8,800.00 teenoor die R7,200.00 van die vorige jaar en R6,200.00 die voor dit.  Dit wys net weer, soos Cassie Carstens vir ons uitgewys het, dat ons lede van Tygerbergstreek se prioriteite reg is.   Baie dankie aan almal wat so mildelik Sondae hul deel bydra tot hierdie verdienstelike instansie.

The TygerBear Project is held on a annual basis whereby teddy bears, clothing and non-perishable foods are collected during our November and December rallies and are handed to the TygerBear Social Work Unit at Tygerberg Hospital.  Last year was no exception and our contributions was received with open arms.  Once again, thanx to our members for your generosity.

Toekennings uitgereik gedurende 2005/2006

President’s Toekenning:                         Riaan & Ilse van Zyl vir die aansluit van 5 nuwe lede en meer.

Wolseley Jacobson Toekennings:       Vir lede wie 12 jaar lid is en ‘n minimum van 100 kampe bygewoon het.

Danie & Magriet Bruwer

Nico & Lynn de Bruyn

Alan & Anna Olsen

Kobus & Muriël van der Vyver

Hardi & Roline Visser

In the past year a number of our members managed to obtain numerous awards, but please allow me to mention the names of some of them who are a great inspiration to all of us that still have a long way to go to reach these milestones:

Streekstoekennings

            60th Regional    =       1           Kobus & Muriël van der Vyver

Nationale Toekennings

            50th National   =        1           Kobus & Muriël van der Vyver

            75th National   =        1           Nico & Lynn de Bruyn

                                              1          Hardi & Roline Visser

Hardi & Roline Visser het tot op hede 166 agtereenvolgende saamtrekke gedoen met hulle 12de “Full House”.  Nog iemand wat ook in Hardi & Roline se voetspore volg is Hannes & Joan Mundey met 50 agtereenvolgende saamtrekke, hulle 4de “Full House”.

Aan my Komitee

Onder-Voorsitter: Nico Alberts dankie vir al jou rondryery en reëlings met die waentjie, die “badges” en die saamry van die groot skerm vir die karaoke en rugby.  Baie dankie vir die toegewydheid waarmee jy dinge vir ons lede gedoen het.  Nico is weer herkiesbaar.

Hoof Saamtrekbeampte: Vanessa Schmidt het haarself goed van haar taak gekwyt as die eerste vroulike Hoof Saamtrekbeampte in Tygerbergstreek.  Sy reken sy het ‘n goeie leermeester gehad in die vorm van Theo.  Vanessa, baie dankie vir insette en harde werk.  Vanessa is weer herverkiesbaar.

Tesourier: Annalien Pelser het met ‘n hoë standaard ons Klub se finansies bestuur.  Baie dankie vir jou insette en ook die hantering van ons Klub se geld sake.  Annalien is weer herverkiesbaar.

Sekretaresse: Ilse van Zyl.  Ilse het by ‘n gesoute sekretaresse, Anna Olsen, oorgeneem ‘n jaar terug.  Met die rekenariesering van die sekretariële funksies wat ons belowe het om die standard wat Anna gestel het hoog te hou,  het Ilse goed gedoen.  Dankie ook vir jou toegewydheid en bystand.  Ilse het nog ‘n jaar oor op haar termyn.

Ledediens: Jacques Theron het sy twee jaar termyn klaar gemaak en staan nou ongelukkig af weens werksomstandighede.  Die geregtelik insette gaan om mis, maar ons sal weer aan jou deur kom klop vir advies. Jacques, dankie vir jou ondersteuning aan ons lede die afgelope tyd.

Smous: Berlinda Barkhuizen het die afgelope jaar ons klubvoorraad in omloop gehou.  Baie dankie daarvoor en ook vir die entoesiasme met die nuwe modes.  Gelukkig het sy nog ‘n jaar oor van haar termyn.

Sport & Sosiaal & Kerk: Hannes Mundey.  Dankie vir die rondry van al die sport toerusting en die reël van die onderskeie sportsoorte vir ons lede.  Hannes het ook nog ‘n jaar van sy termyn oor.

Boete Meester: Anton Groenewald.  Anton staan ongelukkig af en is nie weer herkiesbaar vir Boete meester nie.  Hy het hom goed van sy taak gekwyt.  Lede was altyd op die uitkyk waar die Boete Meester is, veral as hulle gaan droog maak of droog gemaak het.  Hoe Anton dit gedoen het, weet niemand nie, maar kom voorsittersvergadering, kan jy seker daarvan weet, die Boete Meester het uitgevind.  Baie dankie, Anton.  Jy het voorwaar die gees tussen ons lede hoog gehou.

Medies/Noodhulp: Ilse van Zyl het met menige situasies bystand gelewer van ‘n hoofpyn tot ‘n gebreekte arms.  Ilse sal nog steeds voortgaan met die noodhulp van ons Klub.  Dankie dat ons jou kennis in hierdie opsig kan aanwend to voordeel van ons lede.

Toerleier: Theo & Vanessa Schmidt.  Baie dankie vir weereens vir fantastiese toere die afgelope jaar.  Jy hoof net te luister na die lede wat op die toere was, en die fotos wat geneem is tydens die toere sal dit bevestig.  Theo & Vanessa sal weer hierdie jaar instaan as Toerleiers.  Baie dankie weereens.

Kerk & Sondagskool: Cassie & Delene Carstens het die Kerk & Sondagskool vir ons gehanteer tot op hede en is nog steeds bereid om voort te gaan met hierdie belangrike deel van ons Streek.  Baie dankie vir julle toegewydheid en tyd wat julle op offer vir ons lede en hulle kinders.  Dit is voorwaar besonders.

Komitee Lede se Gades:  Graag wil ek die komitee se gades bedank vir hulle bydraes en ondersteuning van ons komitee lede die afgelope jaar.  Sonder hulle sou die werk as komitee aansienliker moeiliker gewees het.  Dankie ook vir julle hulp en bystand. 

Versekering van die sleepwaentjie en tent word deur Eugene Ehlers gefinansier en daarvoor weereens ons opregte dank.

Saamtrekbeamptes: Baie dankie aan almal wat bereid was om gedurende die jaar as Saamtrekbeamptes op te tree.  Sonder julle hulp kan geen naweek ‘n sukses wees nie.

Dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het om ons streek so ‘n groot sukses te maak.

Aan die nuwe Komitee:

Nuwe uitdagings sal daar altyd wees.  Sterkte met die besluitnemings vir die jaar wat voorlê en moet dit nooit uit die oog verloor dat Tygerbergstreek is ‘n sosiale klub en vir daardie rede wil ons kamp.

Aan Tygerbergstreek se Lede:

Baie dankie vir die ondersteuning en vertroue van die afgelope jaar.  Geen organisasie, van watter aard ook al, gaan sonder stampe en stote nie.  This is where the camaraderie comes in to play.

Kom ons bou voort op die trant wat ons tot dusvêr gehandhaaf het.  Support your committee, after all, the one can not function without the other.

Riaan van Zyl

Voorsitter: KSA Tygerbergstreek

horizontal rule

 

Stuur e-pos aan Tygerbergstreek Webmeester  met enige vrae of kommentaar ten opsigte van hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2004 KSA Tygerbergstreek
Laaste wysiging: January 18, 2012