|
|
|
|
Algemene Jaarvergadering - 2005Annual General Meeting - 2005Die Algemene Jaarvergadering van die Tygerbergstreek van die Karavaanklub van Suidelike Afrika was gehou by die Pinewood Bowling Club, Pinelands, op Saterdag 20ste Augustus 2005 om 15h00. The Annual General Meeting of the Tygerberg Region of the Caravan Club of Southern Africa was held at the Pinewood Bowling Club, Pinelands, on Saturday, 20th August 2005 at 15h00.
Uitgaande Komitee vir 2004/2005 Outgoing Committee 2004/2005
Theo Schmidt (Onder-Voorsitter & Hoof Saamtrekbeampte), Allen Olsen (Boete Meester), Ilse van Zyl (Noodhulp), Nico Alberts (Lede Diens), Jacques Theron (Sosiaal & Sport), Cassie Carstens (Kerk & Sondagskool), Annalien Pelser (Tesourier), Anna Olsen (Sekretaresse), Riaan van Zyl (Voorsitter), Muriël van der Vyver (Smous).
Inkomde Komitee vir 2005/2006 Incoming Committee 2005/2006
Nico Alberts (Vice-Chairman), Hannes Mundey (Social, Sport & Church), Jacques Theron (Membership Care & PRO), Berlinda Barkhuizen (Smous & Editor), Vanessa Schmidt (Chief Rally Marshal), Ilse van Zyl (Secretary), Annalien Pelser (Treasurer), Riaan van Zyl (Chairman).
VOORSITTERSVERSLAG 20 Augustus 2005 Nog ‘n jaar is verby. Tenspyte van die ekonomie, veral met die brandstofpryse en die tempo waarteen dit gestyg het, het die lede van Tygerberg nog steeds een doel voor oë, en dit is om te kamp. The support that we as Committee had from our members for the past year, was very commendable and appreciated. KSA Tygerbergstreek se Ledetal Die ledetal het met 105 lede afgesluit einde Junie 2005, wat ‘n toename van 13 lede teenoor die vorige jaar se 92 was. ‘n Groei van 14.1%. In die Wes Kaap het Tygerbergstreek ook die hoogste groei getoon en landswyd die 7de beste uit die 47 KSA streke. Met 10 verlore lede en 20 nuwe lede het die net groei van nuwe lede te staan gekom op 23.5%. Die doelwit van 95 lede is oorskry met 10.5%. There are 7 regions out of total of 47 CCSA Regions that have a membership of more than 100 members. Two of these regions are in the Western Cape namely Cape Western with 140 members and Tygerberg with 105 members. Cape Western is now the largest Region in CCSA and Tygerberg Region is no.6. The Western Cape had the largest grouth in CCSA at a 107.7%. A big thanx to all members for introducing new members, especially Martin and May Smit who have recruited not less than 6 members. In doing so, they qualified for the Presidents Award as well as having their membership renewed by the Club as part of the “Incentive Bonus” which was announced at last year’s A.G.M. Hoogte punte deur die Jaar The Website is a great success. On average, Tygerberg Region’s website still gets more than two thirds of the total hits on the website of all Western Cape regions. This is mainly due to the photographs and the news letters. Die Weskus Toer in September 2004 na McDougallsbaai was ‘n groot sukses met 16 karavane. Danksy Theo & Vanessa Schmidt se puik reëlings, was die eerste vraag wat gevra was toe ons terug by die huis kom: Wanneer gaan die volgende toer wees? Die Nationale Parke Toer was wel in die 2005/2006 boekjaar, maar dit verdien melding: 14 uit die 16 karavane wat die Weskus Toer meegemaak het, was deel van die 25 karavane op die Nationale Parke Toer. Hierdie toer was ‘n mylpaal vir Tygerbergstreek asook vir Die Karavaan Klub van Suider Afrika. Dit was die grootste karavaan toergroep nog ooit. Theo & Vanessa, julle kan met trots daardie rekord agter julle naam in skryf as Toerleiers! Die Buitelug Kersete van 2004 by Ou Skip was ook ‘n groot sukses te danke aan die heerlike weer wat saamgespeel het. Kersvader het kom kuier met ‘n noodvoertuig, met sirenes en noodligte, tot groot verrassing van ons kinders – en vir menige van ons ouers, veral met die geskenke wat Kersvader uitgedeel het. Dankie aan die komitee en hul gades vir al die harde werk. Die donasie wat hierdie jaar aan Friends Day Center oorhandig kon word, het R7200.00 beloop teenoor die R6200.00 van die vorige jaar. Baie dankie aan almal wat so mildelik Sondae hul deel bydra tot hierdie verdienstelike instansie. The TygerBear Project is held on a annual basis whereby teddy bears, clothing and non-perishable foods are collected during our November and December rallies and are handed to the TygerBear Social Work Unit at Tygerberg Hospital. Last year was no exception and our contributions was received with open arms. Once again, thanx to our members for your generosity. The National Convention was held in East Londen this year and it was an eye opener for me on how things are done. Everyone has one thing in common though, and that is to go caravanning. One of the main decisions was to increase the memberships fees to R140.00 per annum. Toekennings uitgereik gedurende 2004/2005 President’s Toekenning:
Pad Hoflikheidstoekenning:
Wolseley Jacobson Toekenning:
In the past year a number of our members managed to obtain numerous awards, but please allow me to mention the names of some of them who are a great inspiration to all of us that still have a long way to go to reach these milestones: Streekstoekennings 50th Regional = 1 Jack & Marlene Brandt 60th Regional = 1 Danie & Magriet Bruwer 70th Regional = 2 Johan & Heriëtte Keller; Hardi & Roline Visser 80th Regional = 2 Alan & Anna Olsen; Hardi & Roline Visser 90th Regional = 1 Frannie & Yvonne van Reenen 100th Regional = 1 Toni & Lona Piscopo Nationale Toekennings 50th National = 1 Kobus & Muriël van der Vyver 75th National = 1 Frannie & Yvonne van Reenen Hardi & Roline Visser het tot op hede 151 agtereenvolgende saamtrekke gedoen. Twee lede wat ook in Hardi & Roline se voetspore volg, is Richard & Lucia Eyberg met 58 saamtrekke en Hannes & Joan Mundey met 41. Aan my Komitee Onder-Voorsitter en Hoof Saamtrekbeampte: Theo Schmidt het aan die einde van sy 2 jaar termyn gekom is ongelukkig nie weer beskikbaar nie, maar het ingestem om as toerleier op te tree vir toekomstige toere. Dankie vir al die insette gelewer met die reël van ons saamtrekke en toere. Tesourier: Annalien Pelser het nog ‘n jaar termyn oor. Annalien het haar puik van haar taak gekwyt met die hoë standard wat haar voorganger daar gestel het. Dankie vir jou bydraes. Sekretaresse: Anna Olsen het aan die einde gekom van ‘n 4 jaar termyn. As redaktriese van ons nuusbrief, Die Tierogie, het sy altyd gesorg dat die nuus by die lede kom. Met die rekenariesering van die sekretariële funksies belowe ons om die standard wat sy gestel het, hoog te hou. Dankie vir jou toegewydheid. Ledediens: Nico Alberts het ook nog ‘n jaar wat voorlê. Nico se bereidwilligheid om altyd van hulp te wees, gaan geensins nie ongesiens verby nie. Dankie ook sovêr vir jou ondersteuning aan ons lede. Smous: Muriël van der Vyver het die afgelope 2 jaar met groot ywer die klubvoorraad in omloop gehou. Baie dankie daarvoor en ook vir die entoesiasme om nuwe idees in te voer. Ongelukkig is sy nie weer verkiesbaar nie. Kerk: Cassie Carstens het weens persoonlike redes bedank vanuit die komitee. Cassie bied nog steeds goedgunstiglik sy dienste aan tot die kerkdienste en die Sondagskool. Dankie vir jou bydraes. Sport & Sosiaal: Jacques Theron het ook nog ‘n jaar van sy termyn oor. Sport sal daar verseker wees wanneer Jacques in die omtrek is. Dankie vir jou entoesiasme. Boete Meester: Allen Olsen gaan ook hierdie jaar af om ‘n welverdiende ruskansie saam met sy vrou te geniet. Sy invloed sal sekerlik oorgedra word aan die nuwe boete meester. Dankie vir die 2 jaar se humor. Medies/Noodhulp: Ilse van Zyl het met menige situasies bystand gelewer van ‘n hoofpyn tot ‘n skerpioensteek. Ilse sal nog steeds voortgaan met die noodhulp van ons Klub. Dankie dat ons jou kennis in hierdie opsig kan aanwend to voordeel van ons lede. Sondagskool: Delene Carstens het die Sondagskool gehanteer van ons kleiner kinders en saam met Cassie is hulle bereid om voort te gaan met hierdie belangrike deel van ons kinders se opvoeding. Baie dankie daarvoor. Komitee Lede se Gades: Graag wil ek die komitee se gades bedank vir hulle bydraes en ondersteuning van ons komitee lede die afgelope jaar. Sonder hulle sou die werk as komitee aansienliker moeiliker gewees het. Versekering van die sleepwaentjie en tent word deur Eugene Ehlers gefinansier en daarvoor weereens ons opregte dank. Saamtrekbeamptes: Baie dankie aan almal wat bereid was om gedurende die jaar as Saamtrekbeamptes op te tree. Sonder julle hulp kan geen naweek ‘n sukses wees nie. Baie dankie weereens. Dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het om ons Klub, Tygerbergstreek, so ‘n groot sukses te maak. Aan die nuwe Komitee: Nuwe uitdagings sal daar altyd wees. Sterkte met die besluitnemings vir die jaar wat voorlê en moet dit nooit uit die oog verloor dat Tygerbergstreek is ‘n sosiale klub en vir daardie rede wil ons kamp. Aan Tygerbergstreek se Lede: Baie dankie vir die ondersteuning van die afgelope jaar. Geen organisasie, van watter aard ook al, gaan sonder stampe en stote nie. This is where the camaraderie comes in to play. Kom ons bou voort op die trant wat ons tot dusvêr gehandhaaf het. Support your committee, after all, the one can not function without the other. Riaan van Zyl Voorsitter: KSA Tygerbergstreek
|
|
Stuur e-pos aan
Tygerbergstreek Webmeester met enige vrae of kommentaar ten opsigte
van hierdie webtuiste.
|