Up Tygerbergstreek Wat is Nuut?

AGM / AJV 2010    
AGM / AJV 2005 AGM / AJV 2006 AGM / AJV 2007 AGM / AJV 2008 AGM / AJV 2009 AGM / AJV 2010 AGM / AJV 2011

 

horizontal rule

Algemene Jaarvergadering - 2010

Annual General Meeting - 2010

Die Algemene Jaarvergadering van die Tygerbergstreek van die Karavaanklub van Suidelike Afrika was gehou by De Hollandsche Molen Karavaan Park, op Saterdag 07de Augustus 2010 om 10h00.

The Annual General Meeting of the Tygerberg Region of the Caravan Club of Southern Africa was held at De Hollandsche Molen Caravan Park, on Saturday, 07th August 2010 at 10h00.

horizontal rule

Aangaande Komitee vir 2009/2010

Outgoing Committee 2009/2010

(Kliek op die fotos om te vergroot)

Voorsitter

Nico Alberts

Onder-Voorsitter

Hannes Mundey

Sekretaresse

Sonja Ritter

Tesourier

Annalien Pelser

Hoof Saamtrekbeampte

Marius Opperman

Lede Diens & Skakelbeampte

Deon Lerm

Sosiaal

Joan Mundey

Smous

Petro Marais

Uitgaande Hulp Lede vir 2009/2010

Outgoing Support Members 2009/2010

Boete Meester

Hansie Smal

Webmeester

Riaan van Zyl

horizontal rule

Inkomende Komitee vir 2010/2011

Incoming Committee 2010/2011

(Kliek op die fotos om te vergroot)

Voorsitter

Hannes Mundey

Onder-Voorsitter & Skakelbeampte

Marius Opperman

Sekretaresse

Petro Marais (Smurphy)

Tesourier

Sonja Ritter

Hoor Saamtrekbeampte

Chris Groenewald

Ledediens

Deon Lerm

Sosiaal

Joan Mundey

Smous

Marika van Eck

Inkomende Hulp Lede vir 2010/2011

Incoming Support Members 2010/2011

 

Boete Meester

Carin Kok

Nuusbrief Redakteur

Juan Bredenkamp

Webmeester

Riaan van Zyl

horizontal rule

 VOORSITTERSVERSLAG

07 Augustus 2010

 Eerstens alle dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie wonderlike geleentheid wat aan-aan ons elkeen gegee het om aan hierdie streek te behoort. Wat ’n voorreg om hierdie verslag vandag aan te bied. Nie net is ons baie geseën deur die afgelope jaar nie maar toon vele mylpale en groei die sukses verhaal baie beter  529 Lede kamp gedurende die jaar, presies 100 meer as die vorige jaar. 60 gaste kamp vir die eerste keer saam 30 vir ’n tweede. Totale kamp persentasie bly steeds 35% vir die jaar. Gesien teenoor die gemiddelde KSA persentasie van 29% vaar Tygerberg steeds goed. 

KSA Tygerbergstreek se ledetal

Met slegs 98 lede war hernu het teen AGM verlede jaar eindig die streek met 120 lede.  70 lede het reeds hernu.  2 Lede het kennis gegee dat hul nie gaan hernu nie en 40 moet nog hernu  Baie dankie aan al die lede wat so positief reageer op al die e-posse wat grootliks bydra tot die positiewe reaksie op lede getalle.

Hoogte punte van die jaar

Soos soveel maal tevore al genoem kan ons nie anders as om eerste op hierdie lys ons geloof te plaas nie.  Die Kerk bywoning tydens kampe word nie getel en gemeet nie. Bywoning van die diens asook die Sondagskool, op ’n “kamp Sondag” is van ’n baie hoë gehalte.  Weereens was Tygerberglede se beursies wyd oop met hul bydraes en kan daar R12500 aan Friends Day Centre oorbetaal word uit kerkfondse en R16897.50 aan die Bybelgenootskap uit die Sondagskool se “lastige kleingeld” projek. ’n Totaal van R4397.50 vir die werk van die Here. Aan Cassie en Delene Carstens ’n baie groot dankie vir die werk wat jul hier verrig.

’n Verdere hoogte punt was die 100ste in ’n ry kampe vir die Mundey gesin gedurende Januarie. Ook was die Tygerbergstreek, wat uitgebrei het na Provinsiaal, uitgenooi om saam met die TV-groep KykNET op Kam-Bati te gaan kamp. Die heel eerste in die program.

Toekennings vir  2009/2010

 Streek Toekennings

                        5 in ’n Ry                   =            5

                        10de  Streek              =          11

                        20ste Streek              =            1         

                        30ste Streek              =            1

                        40ste Streek              =            2

                        50ste Streek              =            1         

                        60ste Streek              =            1         

                        90ste streek              =            1

                        120ste Streek            =            1

             Nasionale Toekennings

                        10de                           =           7

                        25ste                          =           4

                        50ste                          =           1         

                        75ste                          =           1         

             Baie geluk aan elkeen wat ’n toekenning verwerf het gedurende die jaar.

 Die Komitee

Baie dankie aan elkeen op die komitee saam met wie ek die afgelope 8 jaar en veral die laaste twee jaar as voorsitter kon werk. Ek wil geen uitsondering maak nie. Aan elke lid in die komitee my opregte dank vir jul opoffering en harde werk gedurende die jaar. Min mense besef hoeveel tyd en selfs koste soms opgeoffer word. Kommunikasie na ons lede en terug was steeds ons grootste doelwit vir die jaar en ek dink groot sukses is hiermee bereik. Fonds insamelings projekte is weereens met baie inisiatief en met groot sukses aangepak en lede het reeds die voordeel en gaan nog voordeel daaruit trek.  ’n Besondere dank aan Annalien Pelser vir die jare se goeie by hou en beheer van die fondse en boekhouding vir die streek. Ook aan Jan wat haar deur alles bygestaan het en ook op die agtergrond baie moes doen.   Aan elkeen wat se termyn voltooi is en wat hulself weer verkiesbaar stel ’n groot dank.  Ek kan egter nie uitlaat om elke komitee lid se gades te bedank vir hul bystand en hulp nie. Soms het jul dalk ’n groter bydrae met al die geduld.  Aan die nuwe komitee lede wat vandag verkies word baie sterkte en weet jul word deel van ’n wen span en ’n “great” streek.

 Ander inligting en bedankings

Aan elkeen wat as saamtrekbeamptes  gedien het die afgelope jaar kan ons nie anders as om vir julle elkeen ‘n besondere woord van dank te gee nie.   Dankie, aan Eugene Ehlers wat die waentjie se versekering vir ons borg asook nou die klankstelsel.

Tog na al die bogenoemde is dit die lede van die streek wat na alles die rede vir ons sukses is. Aan elke lid wat op sy/haar besondere manier ’n bydrae tot die sukses van die streek lewer kan ek nie genoeg dankie sê nie. Sonder dat julle kamp kan daar nie ’n streek wees nie.  Die grootste dank bly steeds aan ons Skepper wat alles vir ons moontlik maak. 

Karavaan Dankie,

Nico Alberts

Voorsitter KSA Tygerbergstreek

horizontal rule

 

Up ]

Stuur e-pos aan Tygerbergstreek Webmeester  met enige vrae of kommentaar ten opsigte van hierdie webtuiste.
Kopiereg © 2004 KSA Tygerbergstreek
Laaste wysiging: January 18, 2012