|
Alhoewel ons geniet om saans saam om die
vure te sit en braai en kuier,
word daar steeds staatgemaak op elke lid en sy/haar familie om ander se
ruimte en behoefte vir stilte en vrede te respekteer.
Of u 'nkaravaan,
'n "camper", 'n kampeerwaentjie of 'n tent besit ...u is steeds welkom
om saam te kamp en te kuier. Gaste/besoekers is welkom om die
kamp- en buitelewe saam met ons te kom geniet.
Kom doen 'n
toetslopie en kyk of u dit saam met ons geniet voordat u besluit om aan
te sluit.
Alhoewel
daar na ons as "Tafelbaai
Karavaanklub" (Tafelbaai Caravan Club) verwys word, is ons na regte 'n
"streek" van die Nasionale Klub, die Karavaanklub van Suidelike Afrika
(Caravan Club of Southern Africa).
|